Saturday, April 21, 2012

Ons is verloof!!!


So word ons almal ook groot =D

Ek en Riette ken mekaar nou al van middel 2010 af en van die eerste keer wat ek haar gesien het, het ek geweet hier is iets spesiaals aan haar...

17 Mei by 'n Roxette konsert was stap 1. Na MAAAAANDE se wag het my sjarme en my looks haar uiteindelik oortuig om ja te se toe ek haar uitvra!


In ons 11 Maande se uitgaan het ek verskriklik lief geraak vir haar en net geweet sy's die een langs wie ek elke oggend wil wakker word. Sou graag wou se dat ek koffie in die bed sal kry, maar dit sal eerder andersom wees!



Obviously doen mens dit net een keer sou ek wou seker maak ek doen dit reg. Baie dinkwerk aangaande waar en wanner en hoe ens ens. Die probleem is Riette het 'n neus vir 'n geheim. Die geringste dingetjie wat uit plek uit lyk of buite die normaal is gee haar snif aan die neus, en ek wou he dit moet 'n verrassing wees.

Toe besluit ek op 'n piekniek in my tuin. Ek het uit fairy lights op ogies draad die groot vraag geskruif (ure en ure en ure later). Saterdag oggend 21 April is toe die dag. Die oggend het ek "gewerk" (eintlik nog liggies gaan soek want een helfde het geblaas!!!!) terwyl sy semi frustreerd vir my wag om die dag saam te spandeer. Ons is toe saam driving range toe om bietjie te oefen, half 6 by die huis gekom en gaan draf en daarna vir Hansie en Marna gaan groet voor hulle op vakansie vertrek.

Terwyl ons toe weg is na Hansie hulle het my sussie en haar vriendin als in die tuin reg gekry. Kersies tussen die plante, sjampanje, cheese platter en broodjies, sushi, strawberries en room en en en... Dit was omtrent 'n feesmaal. Mooi agtergrond musiek, liggies aan en hulle is toe daar weg. Toe ons by die huis stop in instap by die huis is die eerste ding wat sy sien die liggies teen die muur. Ek gaan toe op my kniee en vra die groot vraag.....


Sy begin toe lag... en lag en lag en nog lag en vra "is dit real??". Eventully staan ek op en wag vir 'n antwoord.
Riette: "Ek het dit nog nooit gedoen nie, wat nou?"
Ek: "WEL SE JA!!!!!!!"

Sy het toe ja gese en ons is verloof!!!!

Hierdie is vir ons so 'n opgewonde tyd, met venue soek en al die detail rondom die groot dag. Ons het regtig 'n verwagting om te sien hoe die Here se hand evident is in ons reelings vir die troue en hoe Hy dinge rondskuif en in plek bring om dit perfek te he soos net Hy kan beplan!!!

1 comment:

  1. Goeie dag Jaco
    Dis GREAT, ek beny julle !
    Baie geluk aan jou en Riette, ek bid dat die Here julle sal seen en dat al julle drome sal waar word !
    Dat julle pad gelyk gemaak sal word, en wanneer daar enige struikelblokke sou wees, julle met die krag van ons SKEPPER anderkant kan uitkom !
    Baie geluk nogmaals, dis wonderlik !
    Dankie dat jy my altyd "update"
    Lekker dag

    ReplyDelete